Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/15/2011

Roti

’n Roti is ’n dun, plat Indiese brood wat gewoonlik saam met kerrie bedien word.

180 g koekmeel
2,5 mℓ sout
20 mℓ olie
150 mℓ water
50 g sagte botter

Sif die meel met die sout in ’n groot bak en voeg die olie by. Meng met ’n lepel.
Voeg ¾ van die water by en meng. Voeg meer water by as die deeg taai is. Dit moet ’n sagte deeg wees.

Strooi meel oor die werkoppervlak en knie die deeg tot dit baie elasties is.

Rol die deeg uit sodat dit 3 mm dik is, rol dit op, bedek met ’n doek en laat rus vir ’n halfuur.

Sny die deeg in 10 gelyke dele, rol elke deel in 'n bal en rol dit uit tot ongeveer 2 mm dik.

Voeg genoeg olie in ’n pan om die hele oppervlak te bedek as dit warm is. Braai die deeg bruin aan albei kante.

No comments :

Post a Comment