1 ui, gekap
olie
30 ml botter
250 mℓ rys, gekook
1 kg gerookte snoek, gevlok en die grate verwyder
125 mℓ melk
sout
peper
¼ teelepel paprika
knippie rooipeper
Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag.
Meng die uie met die snoek, botter, rys, melk en geur met die paprika, rooipeper en sout en peper na smaak.
Plaas alles in ’n kastrol en smoor stadig met ’n deksel op vir 30 minute.
Bedien met ’n slaai.
Resep: Johanna Moolman
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
1/04/2011
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment