Nie juis ’n naam wat in Afrikaans jou aptyt wek nie, maar die smaak maak beslis op vir die naam. Braak is ’n Libiese lamsvleisgereg wat in druiweblare gebak word.
125 mℓ rys
15 mℓ droë kruisement
genoeg druiweblare vir die bestanddele
125 mℓ suurlemoensap
3 tamaties, in blokkies gesny
2,5 mℓ sout
500 g lamsvleis, in blokke gesny
2,5 mℓ swartpeper
’n hand vol vars koljander
15 mℓ tamatiepasta
1 ui, in blokkies gesny
125 mℓ olyfolie
Meng al die bestanddele saam, behalwe die druiweblare.
Verdeel die mengsel tussen die druiweblare. Vou die mengsel toe in die blare. Plaas die bakkies in ’n oondbak.
Bak vir 1 uur by 180ºC.
Braak kan ook as happies bedien word.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
2/25/2011
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment