Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/24/2011

Egiptiese vis / Egyptian Fish

Gebraaide vis is ’n gewilde gereg in Egipte met resepte wat omtrent terugdateer na die tyd van die farao’s. Hierdie is so ’n antieke resep wat vandag nog byval vind.

Gebruik enige ferm wit vis vir hierdie resep. Ons keuse was koningklipvis. Vir 6 persone het jy ’n vis van sowat 1 kg nodig. Sny die vis in dik skywe en bedek met meel. Die res van die bestanddele is as volg:

olie
2 uie, in dun skywe gesny
250 g tamaties, in stukke gesny
100 g haselneute, grof gekap
50 g dennepitte
3 eetlepels vars pietersielie, gekap
sout
peper

Diepbraai die vis in olie tot goudbruin. Droog die vis met handdoekpapier.

Daarna braai jy die uie tot sag in ’n bietjie van die olie.

Gooi die haselneute en dennepitte by en braai vir 2 minute.

Gooi die tamatie by en kook tot die tamatie sag is.

Roer die pietersielie by.
Plaas die vis in die pan en bedek met die sous. Maak die pan toe en laat stel die hitte op die laagste merk. Laat so prut vir 15 minute.

Bedien met aartappels.

No comments :

Post a Comment