Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/23/2011

Brandewynsous

Brandewynsous is ’n ou gunsteling by gebakte of gestoomde poedings.

750 mℓ water
40 mℓ brandewyn
4 kruinaeltjies
250 mℓ suiker
10 mℓ mielieblom
2 stukke vars gemmer
2 stukke pypkaneel

Kook die water, naeltjies, gemmer en kaneel vir 10 minute saam.

Verwyder die naeltjies, gemmer en kaneel en voeg die suiker by. Meng die mielieblom met ’n bietjie koue water en voeg dit ook by.
Kook die sous terwyl jy aanhoudend roer. Kook tot dit deurskynend is.

Voeg die brandewyn by net voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment