Hollandaise is die aristokraat van souse. Dit word onder andere bedien saam met aspersies, artisjokke en salm. Dit dien ook as basis vir baie ander souse.
Hollandaise word voorberei in ’n mengbak bo-op ’n kastrol warm water. Die water moet nie kook nie.
Smelt 500 g botter eenkant.
Klop 5 eiergele saam met ’n ballonklitser tot dit verdik en klewerig raak .
Gooi 1 eetlepel koue water, 1 eetlepel suurlemoensap en 'n redelike groot knippie sout by.
Klop vir nog 30 sekondes.
Voeg en eetlepel koue botter by en plaas op die kastrol warm water.
Klop die eiergele tot hul verder verik en romerig raak. Dit moet 'n gladde room vorm.
Verwyder van die hitte en klop nog ’n eetlepel koue botter by.
Klop nou die gesmelte botter by deur dit in die eiergele te drup terwyl jy klop. Wanneer die sous 'n dikker room vorm kan jy die botter met 'n straaltjie begin byvoeg.
Geur die sous met sout, peper en suurlemoensap.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment