1 pakkie gerookte snoek, gepluis (kyk mooi, dit het baie grate)
6 aartappels
2 uie, in klein stukkies opgesny
botter
Kook die aartappels tot sag. Laat afkoel en verwyder die skil.
Druk die aartappels stukkend, maar nie heeltemal fyn nie.
Braaie die uie in botter tot sag.
Voeg die snoek by die uie en hou oor die hitte tot die snoek warm is.
Meng die snoekmengsel met die aartappels.
Bedien saam met ’n groenslaai.
resep: Johanna van der Walt
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment