Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/21/2011

Portugese ryssop / Portoguese Rice Soup

Kook ’n heel hoender tot sag in bouillon. Vul die bouillon aan as dit wegkook.

In ’n aparte kastrol smoor jy die volgende saam in botter:
2 uie, gekap
6 aartappels, geskil en fyn opgesny
1 rissie, fyn opgesny
1 appel, geskil en in stukkies gesny
sout
peper
Gooi 4 koppies van die sop by waarin die hoender gekook het. Kook vir ’n halfuur.

Voeg nou hierdie mengsel plus ’n koppie rys en 6 klein, geskilde uie by die groot pot sop met die hoender. Laat alles stadig kook vir 45 minute.

Stel die hitte tot op die laagste en laat prut vir 4 uur.

Sit dit voor met die hoender in die sopskottel. Wanneer jy die sop opskep skeur jy ’n stuk hoender af vir elke gas se sopbak.

No comments :

Post a Comment