Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/19/2011

Kanariepoeding

110 g botter, saggemaak
110 g strooisuiker
2 eiers
3 druppels vanillageursel
110 g bruismeel
knippie sout
60 mℓ konfyt, verhit

Smeer ’n 13 cm poedingbak met botter.

Room die botter en suiker in ’n mengbak.
Klop die eiers geleidelik by.
Roer die vanilla by.
Vou die meel en sout met ’n metaallepel by.

Gooi die mengsel in die gesmeerde poedingbak en bedek met botterpapier. Bind die papier vas. Die poeding moet nou gestoom word.

Plaas die poedingbak ’n halwe kastrol kookwater. Die water in die kastrol moet aan die kook gehou word en aangevul word indien nodig. Die water moet soveel as moontlik van die poedingbak bedek.

Stoom die poeding vir 1½ uur.

Keer die poeding uit en skep die warm konfyt oor.

No comments :

Post a Comment