140 g bruismeel
knippie sout
70 g botter
70 g strooisuiker
1 eier
90 mℓ melk
40 mℓ frambooskonfyt
Sif die sout en meel saam.
Vryf die botter by die meel.
Meng die meelmengsel met die suiker.
Klop die eier en die helfte van die melk saam en roer by die meelmengsel. Dit moet ’n drupbeslag vorm. Gooi van die orige melk by indien nodig.
Skep die konfyt onder in die poedingbak en gooi die meelmengsel bo-oor. Bedek met botterpapier. Rol genoeg papier af om die poeding kans te gee om te rys. Bind die papier vas. Die poeding moet nou gestoom word.
Die water in die kastrol moet aan die kook gehou word en aangevul word indien nodig. Die water moet soveel as moontlik van die poedingbak bedek.
Stoom die poeding vir 2 uur.
Haal die poedingbak uit met oondhandskoene en keer die poeding uit.
Bedien met ’n sous van jou keuse.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment