Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/04/2011

14 Februarie, Valentynsdag

’n Ete vir twee op Valentynsdag klink verruklik. Ek is ek; jy is jy; niemand anders tel nie - dis min of meer wat Robert Louis Stevenson te sê gehad het oor die romantiese ete. Romanse aan tafel kan mos die mees pap gekookte groente in die smaaklikste dis omtower. Dan nie?

Jou aansien kan egter ’n lelike knou kry as sy wenkbroue lig wanneer jy die blomkool en klonterige witsous uitdra. En hy is dalk nie alleen nie. Intussen is julle liefdesnessie vol kuikens en elkeen het sy eie opinie. Sit nog ’n paar vriende by en jy sal wens dit is Desember-vakansie en jou man braai elke dag.

Moenie eers dink aan uiteet nie, die ekonomie trek swaar en ’n tafel by La Colombe is nie nou ’n opsie nie.

Ontspan! Die goeie nuus is dit is somer in Suid-Afrika. Om jouself af te sloof in ’n warm kombuis is uit soos vakansie in Egipte. Hou dit lig en gee dit ’n Suid-Afrikaanse geur.

’n Eenvoudige voorstel vir 14 Februarie is ’n spanspekslaai wat jy vir 3 uur in die yskas los. Bedien dit saam met warm kruiebrood en die dag se pièce de résistance - biltong-quiche.

Nagereg is suurlemoentert, waarna almal se knieë wankel en jy as die ster van die dag bekroon word.

No comments :

Post a Comment