1 blik ingelegde kerrievis
2 koppies gaar rys
1 koppie gerasperde cheddar plus ekstra cheddar om bo-oor te strooi
1 pakkie hoendersop, aangemaak met ’n koppie water
Meng die kerrievis en die rys.
Roer die hoendersop by.
Gooi die kaas by en meng alles saam.
Gooi die mengsel in ’n oondbak, strooi gerasperde cheddar oor en bak by 180ºC tot die kaas begin bruin word.
resep: Marina Wentzel
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment