Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/08/2011

Velouté

Velouté is een van die “moedersouse” van die Franse kookkuns. Dit is basies ’n witsous, met die uitsondering dat aftreksel in plaas van melk gebruik word.

Die naam is afgelei van die Franse woord vir "fluweel".

60 ml botter
60 ml koekmeelblom
500 ml kalfsconsommé / consommé / hoendersop of selfs bouillon. Vir 'n vis velouté gebruik jy vis aftreksel.
sout en peper

Smelt die botter in 'n souspan oor medium hitte.
Klop die meel by.
Klop die consommé by. Hou aan met klop tot dit begin kook.
Gooi sout by, bedek en prut stadig vir 20 minute. Roer af en toe.
Verwyder van hitte en voeg peper by. Proe vir sout.

Indien die sous te dik is gooi jy nog consommé by. Indien dit te loperig is gooi jy 'n klont botter en gelyke hoeveelheid meel by en plaas terug op die hitte.

No comments :

Post a Comment