Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/03/2011

’n Mondvol Lekker

’n Bordjie eetgoed – propvol watertand-gereggies – is eie aan ons Suid-Afrikaanse kultuur. En hierdie uitmuntende versameling resepte vir klein happies is só veelsydig dat daar iets sal wees om enige tyd van die dag of nag voor te sit.

Daar is resepte en idees vir almal, en vir elke denkbare geleentheid – skemeronthale, kantoorpartytjies, peuselkos voor die TV, om die vuur en selfs vir piekniekmandjies.

Die boek sal verseker dat die perfekte happie voorgesit word, ongeag die geleentheid. Van maklik-om-te-maak speseryneute, eenvoudige frikkadelle tot ’n groot bord gelaai met kekerertjietjips, oesters met brandjellie, mossels met aartappelslaai, witwortelbrûlée en eendlewer-en-rooibosparfait.

Die heerlike tuisgebakte broodresepte bied die basis vir geurige botters en smere, patees en terriens.


Daar is selfs ‘n hoofstuk oor kiekers en koppies – gereggies bedien in glasies en koppies. Dan is daar bekende gunstelinge soos gevulde eiers, worsrolletjies, crudités en samoesas soos Peter Veldsman dit sal voorsit, met smaak en panache.

No comments :

Post a Comment