Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/28/2011

Vis met Tarator-sous

Hierdie manier van vis bedien kom oorspronklik van die Midde-Ooste.

Gebruik enige ferm, wit vis vir hierdie gereg. Maak ’n paar fyn snytjies in die vel van jou skoongemaakte vis en smeer die vis in met olyfolie, sout en peper.

Draai die vis toe in foelie en bak by 180ºC vir 20 minute vir elke kg vis of tot die vel maklik afkom.

Hou enige pansappe. Verwyder die vel versigtig en sny die vis op in filette. Hou die kop en stert heel vir bediening. Pak die vis op ’n bord in sy oorspronklike vorm.

Plaas die pansappe in ’n voedselverwerker saam met die res van die bestanddele wanneer jy ’n Tarator-sous maak.

Bedien die sous apart van die vis.

Garneer die vis met suurlemoenskywe en vars koljander.

No comments :

Post a Comment