Jy het gaar stokvis en hardgekookte eiers nodig vir hierdie resep. Die hoeveelheid hang af van jou aantal mense.
Vlok die vis en sny die eiers in skywe.
Al ander bestanddele is blaardeeg, witsous en gerasperde cheddar.
Voer ’n oondbak met blaardeeg uit en pak die vis en eier in lae.
Bedek die vis en eiers met witsous en gooi heelwat gerasperde cheddar oor.
Bak in ’n 180ºC oond vir 30 minute.
resep: Madeleine Swanepoel
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment