Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/14/2011

Gebraaide forel met kruie / Fried Trout with Herbs

4 forelle, skoongemaak
4 takkies roosmaryn
40 g botter
12 kruisementblare
4 takkies tiemie
5 mℓ sout
5 mℓ varsgemaalde swartpeper

Plaas ’n takkie roosmaryn in die holte van elke vis.

Kap die res van die kruie grof op en meng met die botter. Verdeel in 4 en smeer elke gedeelte aan die buitekante van ’n vis.

Braai die vis 5 minute aan elke kant tot die vel bruin is en die vleis maklik loskom van die grate.

Bedien saam met vars brood en ’n groen slaai.
(die resep is bedoel vir 4 persone, 1 vis per persoon)

No comments :

Post a Comment