Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/13/2011

Speserye

Cayennepeper
’n Sterk peper uit Spanje.

Gemmer
Die gedroogde wortelstok van die Oos-Asiatiese plant. Dit het 'n skerp, branderige smaak.

Borrie
’n Geel poeier afkomstig uit ’n wortel. Die word meesal gebruik om kleur te gee.

Kardamom
'n Oos-Indiese plant waarvan die sade as spesery gebruik word. Behalwe Indië, is dit ook gewild in Skandinawiese lande. In Arabiese lande word dit saam met koffie gebruik.

Kaneel
Die gedroogde binnebas van die kaneelboom wat as spesery gebruik word. Die gewildste variëteite is afkomstig van Sri Lanka en China.

Karwy / Wilde komyn / Koeksaad
’n Plant waarvan die saad as spesery gebruik word.

Kassia / Kassie / Kassiebas / Kassiekaneel / Chinese kaneel
Die gedroogde bas van die Chinese boom wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper.

Koljander
'n Plant waarvan die sade as spesery gebruik word en die blare net so vars.

Komyn
Komyn is die aromatiese saad van ’n Egiptiese plant. Dit kom veral voor in geregte uit Indië, Mexiko, Portugal en in brood in Oos-Europa.

Naeltjies
’n Spesery met ’n baie delikate geur.

Paprika
'n Hongaarse rooi peper wat as spesery gebruik word.

Peper
Die vrug van die peperstruik wat as spesery gebruik word. Dit verleen ’n warm, pikante geur.

Saffraan
Saffraan is 'n spesery berei uit die stampers van die krokusplant.

Wonderpeper / Piment / Jamaikapeper / Naelbol
Wonderpeper smaak soos ’n kombinasie van peper, naeltjies, kaneel en neutmuskaat, vandaar die Engelse naam Allspice. Die spesery wat verkry word deur die gedroogde, onryp bessies van die Wes-Indiese pimentboom fyn te maal. Een teelepel fyngemaalde bessie is gelyk aan 5 bessies.

No comments :

Post a Comment