Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/25/2011

Oliebolle

190 mℓ suiker
30 mℓ botter
750 mℓ meel
15 mℓ bakpoeier
2,5 mℓ sout
knypie gemaalde kaneel
knypie neutmuskaat
250 mℓ melk
olie vir diepbraai

Klits die suiker en botter saam tot dit ’n room vorm.
Sif al die bestanddele, behalwe die melk, saam.

Voeg die meelmengsel en melk om die beurt by die bottermengsel.
Meng goed tot dit ’n deeg vorm.
Rol die deeg uit tot ’n dikte van ½ sentimeter.
Druk groot, ronde vorms uit met ’n koekiedrukker. Daarna druk jy klein ronde vorms uit die groottes met ’n klein koekiedrukker.
Laat hierdie ringe vir 15 minute staan.

Diepbraai die ringe in olie. Draai die ringe net een keer om tydens die braaiproses. Dit moet bruin wees aan beide kante.

Dreineer die oliebolle op bruinpapier en gooi strooisuiker oor.

Hulle is op hul beste as hulle warm geëet word.

No comments :

Post a Comment