Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/26/2011

Koningin-hoendersop / Potage à la Reine

Hierdie ryk sop was ’n gunsteling van koningin Magriet van Valois en is na haar vernoem.

Neem een heel, skoongemaakte hoender en kook dit in 4 liter consommé saam met 2 wortels, geskil en in ringe gesny, 2 uie, in stukkies gesny, ’n bouquet garni, sout en witpeper.

Wanneer die hoender sag is verwyder jy dit en gooi die sop deur ’n sif.
Kook die sop stadig; skep enige vet af.

Intussen trek jy al die hoendervleis van die bene af en maak dit fyn in ’n voedselverwerker saam met 250 mℓ gaar rys. Roer dit by die sop.

Bring die sop tot kookpunt. Net voor dit kook gooi jy 500 mℓ room by. Bedien sodra dit gekook het.

No comments :

Post a Comment