Paasbolletjies
Kookkuns Resepte
Probeer vanjaar jou eie paasbolletjies op die tafel sit.
Voorbereidingstyd: 2 uur 30 minute
Kooktyd: 30 minute
Totale tyd: 3 uur
Bestanddele:
450 g witbroodmeel
80 g koue botter
10 g sakkie kitsgis
5 ml sout
10 ml gemaalde kaneel
10 ml Allspice
50 g strooisuiker
100 g droëvrugte koekmengsel
50 g droë appelkose, gekap
1 groot eier, geklits
300 ml warm melk
50 g koekmeelblom
heuning, vir glasering
Metode:
Sif die broodmeel in 'n groot bak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
Roer die gis, sout, speserye, suiker en vrugte in.
Meng die eier en melk saam en voeg dit geleidelik by tot dit 'n stywe deeg vorm.
Keer die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak en knie dit deeglik vir 10 minute.
Verdeel die deeg in 12 stukke en rol elkeen in 'n bolletjie.
Plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat.
Bedek ligweg met 'n lap en laat op 'n warm plek staan tot die bolletjies dubbel hul grootte gerys het.
Meng die meelblom en water en maak 'n kruis daarmee bo-op elke bolletjie. (Gebruik 'n versiersak hiervoor).
Bak vir 25 - 30 minute in 'n voorverhitte oond tot deurgaar en goudbruin.
Haal die bolletjies uit die oond en "verf" warm heuning of stroop oor.

No comments :
Post a Comment