Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/22/2011

Tongvis armenonville

Die armenonville verwys na ’n restaurant in Parys waar hierdie gereg sy naam gekry het.

Sny 6 aartappels in baie dun skyfies en braai in botter tot gaar. Pak die skyfies op ’n visbord, so dat hulle oorvleuel.

Neem die skoongemaakte filette van 2 tongvisse en posjeer dit in ’n vlak bak in visaftreksel tot gaar.

Verwyder die filette uit die aftreksel. Gooi die sous wat oorbly in ’n souspan en gooi ’n glas witwyn by. Kook dit af. Die sous moet omtrent halveer.

Sny twee hande vol sampioene in dun repies en kook dit stadig in ’n paar eetlepels botter tot sag.
Gooi die sampioene by die wynsous.

Pak die vis op die aartappels, gooi die sous oor en bedien dadelik.

Die vis kan ook saam met fynaartappels bedien word.

No comments :

Post a Comment