Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/05/2011

Sjwarma

Sjwarmas kom oorspronklik van die Midde-Ooste. Die vleis wat daar gebruik word kom gewoonlik van ’n spit. Die stukke vleis word van die spit afgekerf.

4 pitabrode
25 mℓ olyfolie
1 wortel, in repies gesny
2 murgpampoentjies, in repies gesny
6 baba-mielies, gehalveer
4 sprietuie, in repies gesny
1 groen soetrissie, in repies gesny
350 g oorskiet vleis, gaar
100 mℓ hummus
slaaiblare
vars koljander
tzatziki

Die oond moet vooraf tot 180ºC verhit word. Die bakplaat moet verhit word voor jy die pitabrode daarop warm maak.
Bak die brode tot dit oppof en sny dit dan dadelik oop.

Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die wortel vir 2 minute.

Voeg die murgpampoentjies by en braai nog 1 minuut.

Voeg die mielies, uie, soetrissies en vleis by en braai tot alles warm is.

Smeer die hummus aan die binnekant van die brode. Sit van die mengsel in die brode en druk ’n paar slaaiblare en koljander by. Sit tzatziki op die buitekant van die mengsel en eet.

No comments :

Post a Comment