knippie sout
170 g botter
140 mℓ water, yskoud
Sif die meel en sout saam.
Vryf 28 g botter by die meel.
Meng die water by die meelmengsel en knie om ’n elastiese deeg te maak.
Laat staan op ’n koel plek vir 15 minute.
Breek die orige botter in stukkies en plaas dit tussen twee velle botterpapier.
Rol die botter met ’n rolstok tot dit plat is.
Rol die deeg reghoekig uit.
Plaas die botter in die middel van die deeg en vou dit toe soos ’n pakkie. Draai die pakkie om.
Herhaal die proses drie keer. Rol langwerpig uit, vou in 3 en draai dit sodat die oop kant voor jou lê.
Plaas vir 10 minute in die yskas en rol uit.
Jou deeg is nou reg vir gebruik.
Wenk: Stukkies deeg wat aan die oppervlak kleef moet altyd afgeskraap word, anders maak dit die uitgerolde deeg klonterig.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment