Sny 3 preie op in stukke van 1 cm.
Smelt ’n lekker groot eetlepel botter in ’n pot en gooi dan die preie by. Laat die preie in die botter prut vir 10 minute.
Voeg dieselfde hoeveelheid aartappel by wat in blokkies gesny is. Laat dit vir 5 minute prut met die deksel halfpad op.
Gooi 1 liter water by saam met sout en peper. Stel die hitte op die laagste en sorg dat die deksel op is. Laat die spulletjie so prut vir 30 minute.
Haal die deksel af, stel die hitte hoër en laat vir 1 minuut lank kook.
Proe vir sout en peper en sit voor vir jouself en 3 vriende saam met ’n warm Franse brood, botter en ’n bottel rooiwyn.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment