Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/31/2011

Smul en spaar

Hierdie boek vol planne is gebore uit ’n ma se begeerte om haar seuns iets in die hand te stop wat hulle sal help oorleef as hulle die dag hul eie potjies moet krap.

Isabel Swart deel ’n paar familiegunstelinge en enkele luukse lekkernye tussendeur vinnige fieterjasievrye en meestal ekonomiese koswenke - en dit alles met ’n plankdunbeursie!

Smul en Spaar bied ook:
• praktiese kombuiswenke
• kleiner hoeveelhede, geskik vir alleenlopers
• simbole wat kitsinligting verskaf: Watter kookmetode? Hoe lank voor dit klaar is? Hoeveel kan saameet?
• pittige kosspreuke
• ’n hele hoofstuk met planne vir kuierkos

Hoewel hierdie praktiese boek in die eerste plek gemik is op manlike nesverlaters, sal dit gewis blyval vind by enige minder ervare of platsak-kok. Beslis ’n boek wat elke vrou vir die man – of meisiekind – in haar lewe kan gee!

No comments :

Post a Comment