Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/10/2011

Valencia-poeding

170 g ontpitte rosyne
170 g botter, saggemaak
gerasperde skil van ’n ½ suurlemoen
170 g strooisuiker
3 eiers
170 g bruismeel
knippie sout

Smeer ’n 13 cm poedingbak met botter.

Sny die rosyne deur en druk dit teen die boom vas om dit te bedek. Daar kan ook patrone op die binnekante van die bak gemaak word indien daar genoeg rosyne is.

Klop die botter, skil en suiker saam tot dit lig en donsig is.

Klop die eiers een vir een saam met ’n lepel meel by die bottermengsel.

Sif die orige meel en sout saam en vou dit met ’n houtlepel by die bottermengsel. Vou die sap en enige rosyne ook by.
Skep die mengsel versigtig in die poedingbak.

Gooi die mengsel in die gesmeerde poedingbak en bedek met botterpapier. Bind die papier vas. Die poeding moet nou gestoom word.

Plaas die poedingbak ’n halwe kastrol kookwater. Die water in die kastrol moet aan die kook gehou word en aangevul word indien nodig. Die water moet soveel as moontlik van die poedingbak bedek.

Stoom die poeding vir 2 uur.
Bedien die poeding saam met vla.

No comments :

Post a Comment