500 mℓ meel
5 mℓ koeksoda
2,5 mℓ sout
5 mℓ gemaalde kaneel
2,5 mℓ neutmuskaat
Sif al die bogenoemde bestanddele saam.
Verroom:
125 mℓ botter
250 mℓ bruinsuiker
Voeg 2 eiers by en klop goed.
Voeg eers 250 mℓ suurroom en dan die droë bestanddele by die mengsel. Meng goed.
Voeg 375 mℓ fyngesnyde waatlemoenstukke by die mengsel en meng.
Gooi die mengsel in ’n gesmeerde oondbak.
Bak by 180ºC vir 30 minute.
Sny die nagereg in blokke en bedien saam met geklitste room.
Hierdie resep van Katie Delport is genoeg vir 12 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment