Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/11/2011

Cock-a-leekie / Skotse hoendersop met pruime

Kook ’n heel, skoongemaakte hoender in bouillon tot sag saam met 500 mℓ fyngesnyde preie.

Haal die hoender uit, sny in stukke, verwyder die bene en plaas die vleis terug.
Voeg nog 500 mℓ fyngesnyde prei by asook sout en peper en kook stadig vir 20 minute.

Voeg 500 mℓ ontpitte pruime en 250 mℓ ontpitte rosyne by. Kook vir ’n uur, verwyder die pruime en bedien dadelik.

Jy kan die sop garneer met repies vars pruime.

No comments :

Post a Comment