Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/28/2011

Conde-sop / Conde Soup

Conde-sop word van rooi boontjies gemaak. Laat staan 500 g droë rooi boontjies oornag in water.

Die volgende dag gooi jy die water af en plaas jy 500 g spek in groot stukke geknip, twee wortels in stukkies gesny, ’n versnipperde ui, ’n versnipperde prei, ’n hand vol pietersielie en 1,5 liter water by die boontjies. Kook tot alles sag is.

Verwyder die spek en gooi die res deur ’n sif. Druk so veel as moontlik deur die sif. Gooi dit wat in die sif agterbly weg.
Plaas die spek terug, gooi ’n liter bouillon by en verhit tot dit kook.

No comments :

Post a Comment