knippie sout
3 eiers, geskei
125 mℓ strooisuiker
10 mℓ suurlemoensap
2,5 mℓ vanillageursel
appelkooskonfyt
Sif die meel en sout saam.
Klits die eiergeel, suurlemoensap en strooisuiker baie goed saam.
Vou die meel baie liggies by die mengsel.
Klits die eierwit styf saam met 15 mℓ suiker en vou by die mengsel.
Voer ’n koekplaat met botterpapier uit en gooi die beslag daarin.
Bak 10 minute lank by 220ºC.
Keer die koek dadelik uit op ’n klam doek en smeer sagte appelkooskonfyt oor met ’n slaplemmes.
Rol die koek dadelik op.
Laat dit afkoel op ’n draadrak.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment