Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/29/2011

Spinasieslaai / Spinach Salad

Jong Engelse spinasie is deesdae volop in Suid-Afrikaanse supermarkte. ’n Pak hiervan is meer as genoeg vir ’n eenvoudige, maar heerlike slaai. Een vereiste is egter dat al die bestanddele van ’n hoë kwaliteit moet wees.

Neem die spinasieblare, wat reeds skoon en droog is en meng dit met genoeg olyfolie, sodat al die blare mooi blink is. Meng nou ’n paar druppels van ’n goeie asyn by. Strooi ook ’n goeie kwaliteit sout oor en meng.

Garneer die slaai met gekookte eiers wat in kwarte gesny is en roosterbrood wat in driehoeke gesny en gebotter is.

No comments :

Post a Comment