Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/30/2011

Connaught-eiers / Connaught Eggs

140 mℓ melk
6 eiers, hardgekook
¼ ui
1 foelieblaar
6 peperkorrels
100 g botter
15 mℓ meel
sout en peper
1 potjie maaskaas
5 mℓ paprika
110 g gaar steurgarnale, afgedop
hand vol pietersielie

Kook die melk, ui, foelie en peperkorrels vinnig saam, gooi uit in ’n houer met ’n deksel, maak toe en laat staan om te trek.

Gooi die melk deur ’n sif.

Smelt 15 g botter in ’n kastrol en roer die meel by.
Gooi die melk by en sout. Roer heeltyd tot dit begin kook. Kook vir 1 minuut.
Gooi die sous op ’n bord en laat koud word. Plaas botterpapier oor die sous om te verhoed dat dit uitdroog.
Maak die orige botter sag.

Halveer die eiers en verwyder die geel. Druk die geel deur ’n sif. Meng die eiergeel met die sous, botter, maaskaas en paprika.
Kap die helfte van die steurgarnale fyn en meng met die sous. Proe jou mengsel vir sout en peper.
Vul elke eierwit met die mengsel en garneer elke eier met ’n steurgarnaal. Garneer die bord met eiers met pietersielie.

Bedien met roosterbrood en botter.

No comments :

Post a Comment