Die voorwoord is deur mev Snow Cruywagen, voormalige administrateursvrou van Transvaal, geskryf.
Die Engelse weergawe, Fit for a King is vanaf 1989 beskikbaar.
Die verkope van die boek het egter so goed gedoen dat 'n Trust in 1991 gestig is om die verkope te hanteer. Die opbrengs van die boek word aan maatskaplike dienste in die SAPD geskenk en talle bejaardes, gestremdes en ander maatskaplike gevalle in die SAPD word deur die skenkings gehelp. Ongeveer R2 miljoen is deur die jare aan die onderskeie maatskaplike dienste oorbetaal.
Die boek is 'n absolute moet vir elke vrou (of man) wat graag in die kombuis eksperimenteer of wil uithang vir 'n spesiale geleentheid. Die resepte is prakties en die metodes is logies uiteengesit. Probeer gerus die "Saratoga tert van Paraguay" op bl. 330 en laat die komplimente inrol! Die sjokolade koek is eweneens 'n treffer.
Uitstaande kenmerke van die boek is dat ou en nuwe mates gebruik word, die oorgrote meerderheid bestanddele is in jou kombuis en elke bladsy het oulike lewenswaarhede, onder andere van Langenhoven.
Die grootte van die druk is maklik leesbaar en die boek se grootte verseker maklike hantering en berging. 'n Groep resepte vir 'n groot groep gaste soos bv. troues is ook ingesluit. Die likeurs in die drankie afdeling is opvallend nuut en anders.
Die "Stroganoff met 'n verskil" is 'n watertandlekker resep. Resepte vir gemaalde vleis is vir daardie vinnige dae met die "Waterblombobotie" wat uitstaan. Die "Warm koringslaai" en "Macaronislaai met biersous" bring baie moontlikhede vir die kok na vore.
Die boek bevat 'n hoofstuk oor wildsvleis asook spyskaarte vir 'n sjampanje ontbyt. Mooi kleurfoto's is van sekere resepte geneem en dit komplimenteer die boek.
Soveel jong bruide spog met Knuppeldik in hulle kombuis en dit is ook 'n baie bekostigbare Kersfees-, moedersdag- of verjaarsdaggeskenk.
Met soveel Suid-Afrikansers wat oorsee woon en werk, swerf die boek ook in die buiteland rond. As die heimwee te groot raak, kan 'n egte boeregereg net die regte medisyne wees.
Kontakbesonderhede:
Carien Liebneberg 012 567 2082 (T & F) / 083 319 9636 / clieb@iburst.co.za

Ek stel belang in die resepteboek: Knuppeldik aan Koningskos. Hoe kan ek dit bekom en wat is die prys. My e-pos adres is:
ReplyDeletewesmart@cybersmart.co.za
Dankie
Martie van der Westhuizen