Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/15/2011

Knuppeldik aan Koningskos - Polisie se kookboek

Die jaar 1985 was 'n uitsonderlike goeie jaar vir die SAPD Damesklub. Onder leiding van mevv Mollie de Wit, Juliette Neething en Joey Pienaar is daar besluit om 'n resepteboek saam te stel om die klub se fondse aan te vul. Joey Pienaar, 'n baaskok, was die outeur en sy het talle eerste pryse in die Pretoria Skou se huisvlytafdeling verower. Sy het elke resep getoets. Hierdie uitsonderlike resepteboek staan in die volksmond as die "Polisie se kookboek" bekend.

Die voorwoord is deur mev Snow Cruywagen, voormalige administrateursvrou van Transvaal, geskryf.

Die Engelse weergawe, Fit for a King is vanaf 1989 beskikbaar.

Die verkope van die boek het egter so goed gedoen dat 'n Trust in 1991 gestig is om die verkope te hanteer. Die opbrengs van die boek word aan maatskaplike dienste in die SAPD geskenk en talle bejaardes, gestremdes en ander maatskaplike gevalle in die SAPD word deur die skenkings gehelp. Ongeveer R2 miljoen is deur die jare aan die onderskeie maatskaplike dienste oorbetaal.

Die boek is 'n absolute moet vir elke vrou (of man) wat graag in die kombuis eksperimenteer of wil uithang vir 'n spesiale geleentheid. Die resepte is prakties en die metodes is logies uiteengesit. Probeer gerus die "Saratoga tert van Paraguay" op bl. 330 en laat die komplimente inrol! Die sjokolade koek is eweneens 'n treffer.

Uitstaande kenmerke van die boek is dat ou en nuwe mates gebruik word, die oorgrote meerderheid bestanddele is in jou kombuis en elke bladsy het oulike lewenswaarhede, onder andere van Langenhoven.

Die grootte van die druk is maklik leesbaar en die boek se grootte verseker maklike hantering en berging. 'n Groep resepte vir 'n groot groep gaste soos bv. troues is ook ingesluit. Die likeurs in die drankie afdeling is opvallend nuut en anders.

Die "Stroganoff met 'n verskil" is 'n watertandlekker resep. Resepte vir gemaalde vleis is vir daardie vinnige dae met die "Waterblombobotie" wat uitstaan. Die "Warm koringslaai" en "Macaronislaai met biersous" bring baie moontlikhede vir die kok na vore.

Die boek bevat 'n hoofstuk oor wildsvleis asook spyskaarte vir 'n sjampanje ontbyt. Mooi kleurfoto's is van sekere resepte geneem en dit komplimenteer die boek.

Soveel jong bruide spog met Knuppeldik in hulle kombuis en dit is ook 'n baie bekostigbare Kersfees-, moedersdag- of verjaarsdaggeskenk.

Met soveel Suid-Afrikansers wat oorsee woon en werk, swerf die boek ook in die buiteland rond. As die heimwee te groot raak, kan 'n egte boeregereg net die regte medisyne wees.

Kontakbesonderhede:
Carien Liebneberg 012 567 2082 (T & F) / 083 319 9636 / clieb@iburst.co.za


Knuppeldik aan Koningskos,
Bettie Blom,
15 Mei 2011.

4

17 comments :

  1. Anonymous11/1/12 10:20

    Ek stel belang in die resepteboek: Knuppeldik aan Koningskos. Hoe kan ek dit bekom en wat is die prys. My e-pos adres is:

    wesmart@cybersmart.co.za

    Dankie
    Martie van der Westhuizen

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo Martie Ek weet nie of jy al reggekom het met die boek nie , en waar jy is nie , maar ek is by Uitkykvleismark in Silverton Pretoria by (012) 804-3280/6 X 139 of by 084 208 3669 , en ons hou die resepteboek aan. Ek is Kobus van Eeden.

      Delete
    2. kobus van eeden hou julle nog hierdie boek aan byuitkyk vleismark. en hoeveel kos dit

      Delete
  2. Anonymous10/6/12 21:47

    Ek wil baie graag vir my die respte boek aanskaf. my ouma het my leer kook uit di boek. waar kn ek so boek kry?Asb, kan iemand my help?

    Groete

    carin

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/6/12 10:54

      Carien Liebneberg 012 567 2082 (T & F) / 083 319 9636 / clieb@iburst.co.za

      Delete
    2. Anonymous14/3/13 20:47

      My dogter het hare by PNA boek winkel bestel.

      Delete
  3. Anonymous24/8/12 12:11

    Ek wil baie graag weet waar ek die resepte boek in die hande kan kry en wat die prys is.
    Knuppeldik aan Konningskos. Myne het verlore geraak deur die jare van trek na een plek na die ander kan nie vir n beter resepte boek vra nie .

    Baie dankie Amanda
    My epos adress is as volg amanda40m@yahoo.com

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous7/1/16 12:59

      Het jy al een van die volgende prober:

      Carien Liebneberg 012 567 2082 (T & F) / 083 319 9636 / clieb@iburst.co.za

      Of

      Kobus van Eeden by Uitkykvleismark in Silverton Pretoria by (012) 804-3280/6 X 139 of by 084 208 3669

      Delete
  4. Waar kan ek die boek kry eks in Margate

    ReplyDelete
  5. Ek sal graag die boek wil aanskaf vir byde myself en my ma, ek het leer bak met die boek en sal graag haar een wil vervang wat al bietjie moeg is. Asb as iemand weet waar ek van hulle kan koop email my op: jess.horseridingadventure@gmail.com

    ReplyDelete
  6. Kan n mens nog n boek koop. My email adresd is jackythompson1969@gmail.com hoor van julle

    ReplyDelete
  7. ek is opsoek na die piesangbrood resep in die knuppeldik met koningskos resepteboek ek het myne verloor met 'n trek en dis die lekkerste resep wat ek al ooit gemaak het groete Hannie
    0798534262 of email na hjouberttzn@gmail.com

    ReplyDelete
  8. Een van die beste Resepteboeke in my kas

    ReplyDelete
  9. Op soek na die outydse Blamange Poeding

    ReplyDelete
  10. Anonymous20/1/21 10:53

    http://www.kookkuns.com/2008/10/blancmange.html

    ReplyDelete
  11. EK IS OP SOEK NA 5x VAN DIE RESEPTEBOEK. KAN IEMAND TERUGKOM NA MY ASSEBLIEF? GROETE
    GILNA

    ReplyDelete
  12. Anonymous6/12/23 14:12

    Ek is opsoek na die oorspronklike boek. Wat nog die ou resepte in het wat nie gereprint is nie. My email geraldinegg01@gmail.com

    ReplyDelete