2 uie, opgekap
2 wortels, in ringe gesny
1 raap, in ringe gesny
1 bossie seldery, opgekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout
peper
Plaas die gans in ’n soppot en bedek met water. Gooi die res van die bestanddele by en laat kook tot die gans gaar en sag is. Dit kan tot 4 ure neem.
Verwyder die gans, haal die vleis af en sny die vleis in klein blokkies.
Gooi die vleis terug in die pot saam met 125 mℓ sjerrie en kook vir nog ’n uur.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment