Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/13/2011

Lamingtons

4 eiers
325 mℓ suiker
250 mℓ botter, gesmelt
750 mℓ meelblom
10 mℓ kremetart
2,5 mℓ sout
250 mℓ melk
5 mℓ koeksoda

Klop die eiers en suiker saam.
Klop die botter by.

Sif die meel, kremetart en sout saam.

Voeg die meel en melk om die beurt met die melk by die suiker mengsel.

Los die koeksoda op in ’n bietjie melk en voeg by die mengsel.

Gooi die mengsel in ’n gesmeerde koekpan en bak 15 minute lank by 200ºC.

Sny dit in blokkies wanneer dit afgekoel het.

Maak die volgende versiersel aan:

500 g versiersuiker
125 g botter
30 mℓ kookwater
5 mℓ vanillageursel
50 mℓ kakao
2,5 mℓ amandelgeursel

Meng alles saam.

Bedek die blokkies / vingertjies met die versiersel.
Rol in klapper en laat droog word.

Let wel dit is Lamingtons, nie Lemingtons.

foto: Colin Principe

No comments :

Post a Comment