Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/18/2011

Gemmer roomys / Ginger Ice Cream

5 mℓ gelatien
15 mℓ koue water
250 mℓ melk
80 mℓ gepreserveerde gemmer, gekap
80 mℓ suiker
10 mℓ vanilla
250 mℓ room, geklits
2 eierwitte, styfgeklop
sout

Week die gelatien in die koue water en roer oor warm water tot opgelos.
Voeg die melk bietjie vir bietjie by.
Voeg die res van die bestanddele by - behalwe die room en eierwitte. Meng goed en plaas in vrieskas.

Wanneer die mengsel begin vries haal jy dit uit en klop dit baie goed.
Vou die room en eierwitte by.
Gooi die mengsel in ’n broodpan(ne) om te vries.

Wanneer jy dit bedien kan jy neute en kersies oor die roomys strooi.

resep: Anna van den Berg

No comments :

Post a Comment