2 middelslag eiervrugte
1 klein ui gekap
1 fyn knoffelhuisie
½ koppie gevriesde “klein” groente (soos ertjies, mielies en geblokte wortels)
braaivleisspesserye
sout en peper na smaak
1 Non-stick pan (dit werk beter as om olie in 'n pan te gooi omdat die eiervrugte baie absorberend is kan jy met 'n olierige gemors eindig. As jy 'n gewone pan en olie gebruik moet dit verkieslik olyfolie wees)
Metode:
Kap die rou eiervrug in klein stukkies, kleiner as jou pinkienael. Jy kan dit ook in 'n voedselverwerker “pulse” maar oppas, jy is nie besig om 'n melkskommel te maak nie.
Braai die gekapte eiervrug asof dit maalvleis is in die droë pan, roer heeltyd om te keer dat dit water trek. Voeg die uie en knoffel by.
Sprinkel braaivleisspesery mildelik oor.
As die eiervrug gaar en bruin is kan jy die groente byvoeg en roer totdat dit goed warm en gaar is.
Proe en gooi sout en peper na smaak.
Bedien saam met bruinrys, gevlokte aartappel of sommer net op brood.
Dit kan ook as 'n vulsel vir pasteie of herders-pastei gebruik word.
Groete,
Karel Marais
No comments :
Post a comment