Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/05/2011

Soentjies

500 g meel
500 g mielieblom
500 g botter
500 g suiker
45 mℓ bakpoeier
3 eiers, geklits
knippie sout
versiersuiker

Verroom die botter en suiker.

Sif die droë bestanddele saam - behalwe die versiersuiker.

Voeg die eiers en droë bestanddele om die beurt by die bottermengsel, meng en knie goed.

Breek stukkies deeg af, rol dit in ronde balletjies, plaas die balletjies op ’n gesmeerde bakplaat en druk plat met ’n vurk.

Bak 10 minute by 180ºC.

Maak die versiersuiker met water aan en plak die koekies twee-twee op mekaar met die versiersel.

Die resep maak omtrent 60 koekies.

1 comment :

  1. Anonymous5/2/13 22:05

    wa is die prent van soentjies??????????????????. /

    ReplyDelete