Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/10/2011

Soufflépoffers / Versugtinge van ’n non

Soufflépoffers is basies poffers wat in strooisuiker gerol word.

Dit is baie belangrik dat jy die bestanddele perfek afmeet, die deeg flop maklik.

Moet nie die oond oopmaak tydens die bakproses nie, anders val hulle plat!

80 ml water
40 g botter, by kamertemperatuur, in blokkies gesny
50 g meel, gesif
2 eiers, teen kamertemperatuur
olie

Plaas die water en botter in ’n kastrol oor medium hitte.
Roer tot die botter gesmelt het en die mengsel lyk asof dit wil begin kook.
Gooi al die meel by en klop met ’n houtlepel tot alles goed gemeng is.
Draai die hitte laer en roer vir nog ’n minuut of twee, tot die mengsel ’n bal begin vorm. Plaas die mengsel eenkant om af te koel. Dit moet afkoel voor die eiers bygevoeg word.

Klits die eiers in aparte bakkies. Klop een eier by die meelmengsel met ’n houtlepel.
Voeg ’n klein bietjie van die ander eier by en klop. Hou so aan tot daar net genoeg eier by is sodat die mengsel net-net van die houtlepel afval, maar steeds vorm behou.

Voorverhit die oond tot 200°C.

Smeer ’n bakplaat liggies met olie.
Skep teelepels van die mengsel op die bakplaat, so 3 cm van mekaar af.
Verf die bokant van die hopies liggies met van die oorblywende eier.
Bak vir 25 minute of tot die poffertjies opgeblaas en goudkleurig is.

Haal die poffertjies uit die oond en skakel die oond af.
Prik die bokant of basis van elke poffertjie met ’n skerp mes of stokkie om die stoom uit te laat.
Plaas dit terug in die oond om uit te droog vir 15 minute.

Verwyder die poffertjies, rol in strooisuiker en gooi uit op ’n draadrak om uit te droog.

Bedien met ’n soet konfytsous of parmesaan.

No comments :

Post a Comment