Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/31/2011

Bokke se kombuis

Vier die Liefde vir Kos, Familie en Rugby

Bokke se Kombuis is ’n visuele feesviering van Suid-Afrikaners se liefde vir kos en rugby, aangebied in die gunsteling-resepte van 40 voormalige en huidige Springbok Rugby-legendes.

Van die mees beroemde manne om die groen-en-goud te dra, het hul truie vir voorskote verruil – waaronder John Smit, Kobus Wiese, Victor Matfield, Wynand Claassen, Fourie du Preez, Jan 'Boland' Coetzee, Bryan Habana, Chester Williams, Morné du Plessis en Bakkies Botha – om hul liefde vir kos te onthul.

Bokke se Kombuis neem jou weg van die rugbyveld en die fel lig van telivisiekameras, tot in die spelers se huise en harte, en verf ’n intieme skildery van die rol wat kos in hul private lewens speel.

Bokke se Kombuis gaan egter nie net oor resepte of ons rugby-helde nie – dit is ’n unieke Suid-Afrikaanse storie oor hoe kos ou rugby-vriende en algehele vreemdelinge byeenbring om braais, skottels en kombuistafels dwarsdeur ons pragtige land.

Inhoud:

Die opwarming: Sop, beskuit, brood en muffins

Eerste helfte: Hoofgeregte van die braai af

Tweede helfte: Hoofgeregte uit die kombuis

Ekstra tyd: Koeke, poedings en koekies

Koelkas: Yskaslekkernye

Skrywers: Duane Heath en Warren Heath
ISBN: 9781770078970
Formaat: Sagteband
Bladsye: 144
Prys: ongeveer R180.00

No comments :

Post a Comment