Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/17/2011

Geroomde mielie en hoendersop / Creamy Corn and Chicken Soup

250 g hoenderborsies, in blokkies gesny
10 mℓ botter
2 uie, fyn opgesny
1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)
750 mℓ melk
500 mℓ water
10 mℓ witpeper
5 mℓ sout
30 mℓ mielieblom (Maizena)
1 stuk seldery, fyn opgesny
200 g room

Smelt die botter in jou soppot en braai die uie en hoender vir 5 minute.

Voeg die mielies, melk, water, peper en sout by.

Maak die mielieblom aan met ’n bietjie water, sodat dit ’n pasta vorm. Gooi by die sop en roer tot die sop begin verdik.

Voeg die seldery by en kook oor hoe hitte vir 5 minute.

Roer die room by en bedien.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment