60 mℓ broodkrummels
250 mℓ room
2 hardgekookte eiers, opgekap
1 blikkie sardientjies
sout en peper
gebotterde roosterbrood
vars pietersielie
Smelt die botter in ’n kastrol en voeg dan die broodkrummels en room by. Klop goed.
Voeg die eiers by en dan sout en peper na smaak.
Plaas die sardientjies op die roosterbrood en gooi die roommengsel oor.
Garneer met pietersielie en bedien.
Jy kan die broodjies in blokkies sny en bedien as happies.
resep: Madelein Swanepoel
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment