Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/31/2011

365 resepte vir die hele jaar

As ’n gebrek aan tyd dikwels vaal en vervelige etes tot gevolg het, is hierdie net die kookboek vir jou.

Die pragtige volkleur boek bevat 365 resepte, uiteindelik ’n resep vir elke dag van die jaar! Die boek is ingedeel volgens die maande van die jaar en bevat ’n wye verskeidenheid resepte, van gebakte eiers, viskerrie, pikante hoenderlewers, volstruisbobotie, aspersietert, hoenderpastei, soetpatats en pampoensop, gebakte skaaptjops en pasta tot die allernuutste smaaksensasies. Elke maand bevat resepte wat gepas is vir winter- of somermaande, maar laat jou toe om te besluit waarvoor jy lus het.

Idees se kookboek is uiters bruikbaar, propvol inspirasie en die resepte is 100% uitvoerbaar. Perfek vir die haastige kokke, werkende ouers en bedrywige huisvrouens. Haal die stres uit spyskaart beplanning en verras jou familie met ’n paar nuwe disse!

Also available in English as Ideas – 365 Recipes for Every Day of the Year.

ISBN: 9780798152600
Prys: ongeveer R 225.00
Formaat: Sagteband, 288pp

No comments :

Post a Comment