500 mℓ semels
13,5 liter water
250 mℓ rosyne, gekneus
250 mℓ hop
1,5 kg suiker
5 mℓ droë brouersgis - nie die soort wat vir voeding gebruik word nie
Bring die semels tot kookpunt in 6,75 liter water.
Hou een koppie suiker eenkant en gooi die res by die semels, asook die hop.
Karamelliseer die koppie suiker in ’n pan en gooi dit by die kokende semels. Laat kook vir 5 minute. Verwyder van die hitte en voeg die rosyne en die res van die water by. Roer die gis by. Laat staan die mengsel vir 24 uur.
Syg die bier deur die klam doek. Gooi in bottels en kurk. Laat dit ten minste vir 7 dae staan voor gebruik.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment