Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/22/2011

Oostenrykse ganslewersop

Kook genoeg hoendersop (resep 2) vir jou gaste. Die lewergereg word in die sop bedien. Hier is die resep vir die lewergereg:

ganslewers, skoongemaak, gebraai en fyngemaak
60 mℓ gesmelte botter
250 mℓ broodkrummels, in melk geweek
2 eiers, geklits
2 eiergele, geklits
60 mℓ gekapte grasuie
sout
peper
2,5 mℓ neutmuskaat
3 eierwitte, styf geklop

Klop die botter, 2 eiers en eiergele saam.

Roer die broodkrummels, grasuie, neutmuskaat en sout en peper na smaak by.

Klits die eierwit en lewer by.
Rol die mengsel in balletjies.

Smeer ’n oondplaat met botter en plaas die balle daarop. Bak by 180ºC tot gaar.

Plaas ’n lewerbal of twee in elke sopbak en gooi die sop oor wanneer jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment