10 mℓ bakpoeier
10 mℓ koeksoda
2 mℓ sout
500 mℓ hawermout
250 mℓ droë klapper
125 mℓ semels
200 g botter
375 mℓ suiker
30 mℓ heuning
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Voeg die hawermout, klapper en semels by die meelmengsel.
Smelt die botter, suiker en heuning saam.
Voeg by die meelmengsel. Meng goed.
Druk die deeg in ’n 16 x 26 cm koekiepan.
Bak 10 minute by 180ºC.
Laat dit afkoel voor jy dit in blokkies opsny.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment