Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/08/2011

Fondant

1,25 liter suiker
375 mℓ water
2,5 mℓ kremetart

Meng die suiker en water en verhit. Roer aanhoudend oor lae hitte tot die suiker opgelos is.

Stel die hitte hoër. Voeg die kremetart by en bly roer. Wanneer dit kook moet jy die deksel opsit en laat kook vir 3 minute.

Haal die deksel af en kook tot dit ’n sagte bal vorm wanneer dit in water getoets word.

Gooi die mengsel op ’n marmer of enemmel oppervlak uit. Moenie die kastrol uitkrap nie. Laat dit so afkoel.

Brei die mengsel daardeur met ’n slaplemmes te bewerk. Vou dit van buite na binne, tot dit begin wit en romerig raak.

Knie die mengsel met jou hande tot dit glad is.

Bedek met ’n klam doek en laat 30 minute staan.

Sny dit in stukke en plaas dit in ’n glasfles en bedek met ’n klam doek. Laat dit vir 3 dae staan voor jy dit gebruik.

1 comment :

  1. Anonymous20/8/12 10:13

    Ek Is opsoek na 'n Pettinice resep / fondant wat 'n preseerveer middel bevat,
    kan iemand my help. Ek gebruik baie.

    Dankie
    Retha

    ReplyDelete