Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/22/2011

Gebakte vis met eiervrug

Hierdie gereg is baie gewild in sentraal Afrika.

Skoongemaakte vis filette van so 500 g is genoeg vir die resep. Jy het ook 1 eiervrug nodig, 'n paar tamaties, 'n blikkie tamaties, 'n ui, 'n rooi soetrissie, 'n gewone rissie en sout en peper.

Skil die eiervrug en sny dit in blokkies. Kap die tamaties fyn en sny die ui en soetrissie in blokkies. Kap die rissie fyn.

Plaas al die bestanddele, behalwe die vis, in 'n pot saam met 'n 250 ml water. Bedek en prut tot al die groente sag is.
Wanneer die groente sag is verwyder jy dit van die hitte en druk dit fyn.

Smeer 'n oondpan met olie en gooi die helfte van die groente op die bodem. Plaas die vis daarop en bedek met die res van die groente. Bak tot die vis gaar is.

1 comment :

  1. Shoe ek sal die resep vir n feit probeer, baie dankie!!!

    ReplyDelete